From R647.00

Tema-kategese

Tema-kategese

Vir gemeentes – een jaar digitale toegang tot Tema-kategese

Welkom by hierdie reekse wat spesiaal vir jongmense van graad 7-10 geskryf is.

Die doel van Tema-kategese om vir jongmense die geleentheid te skep vir ’n ontmoeting:

  • met die God wat ons in die Bybel leer ken;
  • met die verhale en gebeure uit die geskiedenis waardeur ons God leer ken;
  • met mekaar wanneer ons saam nadink, aanbid, vrae vra en beantwoord, menings gee en leer om met God te praat, en
  • met onsself as gelowiges wat antwoord op God wat eerste met ons gepraat het.

Die ontmoetings in hierdie verskillende reekse is só ontwerp dat dit aan die jongmense se geloof diepte sal gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker. Dit sal hulle bemagtig om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak. En dit sal hulle help om in hulle verhouding met die Here met ’n roeping en ’n droom te leef.

Die Tema-kategese lidmaatskapplan sluit tans vier reekse in:

Wat het jy nodig om die ontmoetings van hierdie reekse aan te bied?

  • Die riglyne vir die aanbieder. Jy kan dit aflaai en/of uitdruk.
  • Die gespreksbladsye vir die jongmense. Jy kan dit aflaai en aanstuur.
  • Die hulpmiddels vir die groeplede. Jy kan dit aflaai en aanstuur.
  • Die video’s wat die groep saam kan kyk. Die skakels na die video’s is in die riglyne vir elke ontmoeting onder “Hulpmiddels”.

Neem kennis:

  • Hierdie reeks reekse is digitaal beskikbaar op die Missio-platform.
  • Materiaal kan afgelaai en/of uitgedruk word.
  • Elke kategeet ontvang sy of haar eie toegang tot die materiaal op Missio. Die persoon wat die bestelling plaas, kan kategete uitnooi om te registreer deur hulle e-posadresse te verskaf.

© Missio 2024 | All rights reserved.