NGK Kerkmusiek-lisensie
R1,120.00 – R5,120.00
Jaarlikse Kerkmusiek-lisensie vir gemeentes van die NG Kerk
Lees asseblief die onderstaande noukeurig deur:
- Lees eers ‘n oorsig van hoe die Kerkmusiek-lisensie werk. Algemene vrae word hier beantwoord.
- Regte om Liedboek (Psalms en Gesange) te gebruik, te dupliseer, te projekteer en te stroom tydens die erediens | 1 Jaar
- Regte om VONKK-liedere te gebruik, te dupliseer, te projekteer en te stroom tydens die erediens | 1 Jaar
- Aktiewe lisensiehouers kry outomaties aanlyn toegang tot bladmusiek van alle liedere via hierdie platform.
- Tot 10 individue se rekeninge op missio.org.za kan aan die gemeente se lisensie gekoppel word. Die persoon wat die bestelling plaas kan ander lede uitnooi om te registreer deur hul e-pos-adresse te verskaf.
- Kopiereg van alle liedere word namens Bybel-Media deur CML (Church Music Licensing) bestuur.
- Die prys wissel na aanleiding van gemeentes se lidmaattal. Gebruik die amptelike Jaarboek-syfer vir die totale aantal lidmate (belydend + doop).
- Gemeentes met ‘n aktiewe Liedboek en VONKK-lisensie (via CCLI) kan toegang kry tot Kerkmusiek op missio.org.za sonder om weer te betaal. Kontak support@missio.org.za en ons help met die proses.