Jeugfokus Kategese

Prys bepaal deur gemeente se aantal lidmate

Een jaar digitale toegang tot Jeugfokus Kategese – vir gemeentes.

Jeugfokus se nuwe reeks vorm die geloof van kinders en jongmense deur blended learning, ’n benadering wat aanlyn onderrigmateriaal, interaktiewe geleenthede in die erediens en huisgeloof kombineer met die meer tradisionele ontmoetings en gedrukte doenboeke of gespreksgidse.

Met die aankoop van die lisensie kry kategete toegang tot die aanlyn aanbiedersgids vir al die ouderdomsgroepe, asook tot die inhoud van die doenboeke en gespreksgidse vir die verskillende ouderdomsgroepe.

Vir elke ontmoeting in die aanbiedersgids is die volgende beskikbaar:

  • agtergrondinligting oor die Bybelgedeelte en die tema van die ontmoeting
  • riglyne vir ’n kindermoment in die erediens wat by die tema van die kategese aansluit
  • riglyne vir ’n huisgeloof-gesprek
  • die verloop van die ontmoeting vir die vier verskillende ouderdomsgroepe (voorskool, graad 1-3, graad 4-6 en graad 7-10)
  • hulpmiddels en bykomende inligting vir die verskillende ontmoetings.

Vir ‘n voorbeeld, kyk na die eerste ontmoeting.

Neem kennis:

  • Hierdie is ‘n digitale produk op die Missio.org.za platform.
  • Materiaal kan uitgedruk word.
  • Elke kategeet ontvang hul eie toegang tot die materiaal op Missio. Die persoon wat die bestelling plaas kan kategete uitnooi om te registreer deur hul e-pos-adresse te verskaf.
  • Gebruik die koepon-kode: jeugfokus10 op die volgende skerm om 10% afslag te ontvang. Die aanbod is geldig vir die eerste 50 gemeentes wat die kode gebuik.

  • Gebruik amptelike syfer uit die Jaarboek / lidmaatregister.
    Please enter a number greater than or equal to 150.
  • Price: R0.00
  • R0.00

Category: