Jeugfokus Kategese+
R970.00 – R9,700.00
Vir gemeentes – Een jaar digitale toegang tot Jeugfokus Kategese+
Jeugfokus se nuwe reeks vorm die geloof van kinders en jongmense deur blended learning, ’n benadering wat aanlyn onderrigmateriaal, interaktiewe geleenthede in die erediens en huisgeloof kombineer met die meer tradisionele ontmoetings en gedrukte doenboeke of gespreksgidse.
Met die aankoop van die lisensie kry kategete toegang tot die aanlyn aanbiedersgids vir al die ouderdomsgroepe, asook tot die inhoud van die doenboeke en gespreksgidse vir die verskillende ouderdomsgroepe.
Vir elke ontmoeting in die aanbiedersgids is die volgende beskikbaar:
- agtergrondinligting oor die Bybelgedeelte en die tema van die ontmoeting
- riglyne vir ’n kindermoment in die erediens wat by die tema van die kategese aansluit
- riglyne vir ’n huisgeloof-gesprek
- die verloop van die ontmoeting vir die vier verskillende ouderdomsgroepe (voorskool, graad 1-3, graad 4-6 en graad 7-10)
- hulpmiddels en bykomende inligting vir die verskillende ontmoetings.
Kyk na ‘n voorbeeld voor jy koop.
Neem kennis:
- Hierdie is ‘n digitale produk op die Missio.org.za platform.
- Materiaal kan uitgedruk word.
- Elke kategeet ontvang hul eie toegang tot die materiaal op Missio. Die persoon wat die bestelling plaas kan kategete uitnooi om te registreer deur hul e-pos-adresse te verskaf.