Kerkmusiek-lisensie

Só werk dit

'n Nuwe era vir digitale Kerkmusiek

Bybel-Media wil gemeentes se toegang tot kerkmusiek vergemaklik en ondersteun.

Ons het daarom ‘n paar skuiwe gemaak:

  • ‘n Gebruikersvriendelike portaal: missio.org.za bied moeitelose toegang tot bladmusiek en klankopnames van liedere. Die VONKK-webtuiste (vonkk.co.za) word dus as portaal vervang.
  • ‘n Enkele eenvoudige lisensie: Die nuwe kerkmusiek-lisensie magtig gebruik van Liedboek-liedere, VONKK-liedere, en die Sionsgesange.
  • ‘n Nuwe kopiereg-bestuurder: CML (Church Music Licensing) bestuur die kopiereg en gebruik van Liedboek-liedere, VONKK-liedere, en Sionsgesange. CCLI (Christian Copyright Licensing International) bestuur dus nie meer die lisensies van hierdie bundels nie, maar wel steeds die lisensies wat vir Flam-liedere vereis word.

Geldige lisensies wat voorheen via CCLI hernu is, bly geldig tot die vervaldatum.

Lisensies vir VONKK en Liedboek word voortaan op hierdie platform (missio.org.za) hernu, en nie meer by CCLI nie.

Om te hernu, besoek eenvoudig die produkblad en vul die gemeente se amptelike lidmaattal (volgens die jaarboek) in. Volg die res van die stappe. Die gemeente ontvang onmiddelik toegang tot die materiaal.

Besoek die produkblad en vul die gemeente se amptelike lidmaattal (volgens die jaarboek) in. Volg die res van die stappe. Die gemeente ontvang onmiddelik toegang tot die materiaal.

‘n Gemeente het slegs een lisensie (Kermusiek-lisensie) nodig vir die gebruik van VONKK-liedere, Liedboek liedere en Sionsgesange.

CCLI (Christian Copyright Licensing International) tree as die administrateur van die Kerk Kopiereg Lisensie en Musiek Reproduksie Lisensie (MRL) op. Gesamentlik gee hierdie twee lisensies toegang tot die bladmusiek op die FLAM-webwerf.

Alhoewel die prysmodel onlangs verbeter is, behoort geen gemeente aansienlik meer of minder as in die verlede te betaal nie. Neem wel kennis van die volgende veranderinge aan die prysmodel:

  • Voorheen was slegs die Liedboek-lisensie op ‘n glyskaal volgens lidmaadtal, terwyl die VONKK-lisensie ‘n enkelbedrag gekos het.
  • Met die nuwe prysmodel is die gedeelte wat vir VONKK-liedere betaal, ook op ‘n glyskaal volgens lidmaadtal. Hierdie verandering bevoordeel kleiner gemeentes.
  • Ons gebruik verder ‘n glyskaal met meer trappe (11), eerder as die vorige glyskaal vir die Liedboek-lisensie wat slegs 6 trappe gehad het. Die nadeel van min trappe is dat dit gemeentes wat hoog in die trappe val, disproportioneel bevoordeel. Hulle betaal minder as wat gepas is, gegewe die grootte van die gemeente. Dit maak dit dan ook duurder vir gemeentes wat laag in dieselfde trappie lê. ‘n Fyner indeling spreek hierdie wanbalans aan.

Teken eenvoudig aan op Missio.org.za om toegang tot alle bladmusiek te kry. Geen unieke nommer is nodig nie.

CML (Church Music Licensing) bestuur die kopiereg en gebruik van Liedboek-liedere, VONKK-liedere., en Sions-gesange. Gebruik missio.org.za om toegang tot die bladmusiek te kry.

CCLI (Christian Copyright Licensing International) bestuur dus nie meer die lisensies van hierdie bundels nie.

Slegs die kerkkantoor moet namens die gemeente die produkblad besoek en die stappe volg. Wanneer die proses voltooi is kan die kerkkantoor ‘n maksimum van 10 persone (predikante, musiekspan, orrelis) uitnooi om op Missio te registreer en toegang tot die bladmusiek te kry.

Geldige lisensies wat voorheen via CCLI hernu is, bly geldig tot die vervaldatum.

Lisensies vir VONKK en Liedboek word voortaan op hierdie platform (missio.org.za) hernu, en nie meer by CCLI nie.

Om te hernu, besoek eenvoudig die produkblad en vul die gemeente se amptelike lidmaattal (volgens die jaarboek) in. Volg die res van die stappe. Die gemeente ontvang onmiddelik toegang tot die materiaal.

Besoek die produkblad en vul die gemeente se amptelike lidmaattal (volgens die jaarboek) in. Volg die res van die stappe. Die gemeente ontvang onmiddelik toegang tot die materiaal.

‘n Gemeente het slegs een lisensie (Kermusiek-lisensie) nodig vir die gebruik van VONKK-liedere, Liedboek liedere en Sionsgesange.

CCLI (Christian Copyright Licensing International) tree as die administreerder van die Kerk Kopiereg Lisensie en Musiek Reproduksie Lisensie (MRL) op. Gesamentlik gee hierdie twee lisensies toegang tot die bladmusiek op die FLAM-webwerf.

Alhoewel die prysmodel onlangs verbeter is, behoort geen gemeente aansienlik meer of minder as in die verlede te betaal nie. Neem wel kennis van die volgende veranderinge aan die prysmodel:

  • Voorheen was slegs die Liedboek-lisensie op ‘n glyskaal volgens lidmaadtal, terwyl die VONKK-lisensie ‘n enkelbedrag gekos het.
  • Met die nuwe prysmodel is die gedeelte wat vir VONKK-liedere betaal, ook op ‘n glyskaal volgens lidmaadtal. Hierdie verandering bevoordeel kleiner gemeentes.
  • Ons gebruik verder ‘n glyskaal met meer trappe (11), eerder as die vorige glyskaal vir die Liedboek-lisensie wat slegs 6 trappe gehad het. Die nadeel van min trappe is dat dit gemeentes wat hoog in die trappe val, disproportioneel bevoordeel. Hulle betaal minder as wat gepas is, gegewe die grootte van die gemeente. Dit maak dit dan ook duurder vir gemeentes wat laag in dieselfde trappie lê. ‘n Fyner indeling spreek hierdie wanbalans aan.

Teken eenvoudig aan op missio.org.za om toegang tot alle bladmusiek te kry. Geen unieke nommer is nodig nie.