Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

1.  Onsterflik, onsienlik, almagtig en wys, o God, so verhewe, u Naam wil ons prys. Ons eer en aanbid U, o God van die tyd. U heers as oorwinnaar vir nou en altyd.

Keervers: Als so mooi en wonderlik het God, die Heer, gemaak. In die skepping so volmaak sien ons sy almag raak.

1.  Weet jy hoeveel sterre skyn daar in die donker van die nag? Weet jy hoeveel wolke waai daar in die blou lug van die dag? God sit elke ster op sy regte plek, Hy laat elke wolk deur die blou lug trek. Daarom weet ek God is groot, daarom weet ek God is groot!

1. Let op die wonder van God se skepping, hoe dit sy grootheid aan ons openbaar. Laat ons die skepping – als wat hier lewe – ook vir ons kinders se kinders bewaar.

1. Open jou oë vir God se skepping. Sien jy die groot- en kleinheid daarin? Daar lê die merke van God se vingers reeds van die skepping se oerbegin.

1. Laat julle kommer en sorge oor aan Hom – Hy sorg vir almal op aarde. Meer as die mossies en lelies van die veld sorg Hy vir julle, sy kinders. Halleluja! Halleluja! Halleluja! Amen.

1. U, die Bron van alle gawes, U, die Gewer en my Heer – strome van u groot genade stort in oorvloed oor my neer. Leer my, Heer, ‘n grootse loflied wat die eng’le voor U sing. Maak my stem die boodskapdraer wat u grootheid uit laat kring.

Keervers: Sing ’n lied van vreugde, van vreugde oor die Heer. Loof die Skepper van die groot heelal.

1. Ons besing u grootheid, Vader, U, die Koning wat regeer. Ons is hier voor U vergader, ons bring U ons lof en eer. Driemaal heilig, Hemelvader, ons erken U as ons Heer.

Sesotho Voorsanger: Modimo re boka wena. Gemeente: Modimo re boka wena!

1. Hoor die voëltjies sing, ruik die blommegeur, voel die son se strale op jou vel. God het dit gemaak en Hy is altyd daar. Ons moet alles in die skepping mooi bewaar.

Irenaeus van Lyon: Gloria Dei est vivens homo – Die heerlikheid van God is ’n mens wat léwe (Gen 1:27)

© Missio 2024 | All rights reserved.