Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

Saans kan ek rustig, onbesorg gaan slaap, want dwarsdeur die nag hou U oor my wag. Heerlik verfris kan ek weer wakker word, want U is my krag, U dra my elke dag.

1. Met die breek van hierdie dag voel ons klein voor U, o Heer. Diep afhanklik van u krag val ons op ons knieë neer.

Dankie, o Heer, vir hierdie dag vol van u genade. Bly tog by ons in hierdie nag, hou ons in u hande. Ons wil U prys, o Here, ewig u Naam ter ere. U is die lig, U gee ons krag – U is ons goeie Vader.

1. Ek kniel hier in die oggendlig en soek, my God, u aangesig; maak, Heer, vir my ook hierdie dag, as U so wil, vol lig en prag!

Keervers: O Heer, bly by my, o Heer, bly by my, 1. waar ek huil of waar ek lag.

Afrikaans: Heer, elke* nag verlang ek na U, my God, ek hunker na U met als in my. Heer, elke nag verlang ek na U, my God, ek hunker na U met als in my.

1. Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in u skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees eind’lik nietig word vir my. Elke afdraaipaadjie ken ek. Elke keer het ek gedwaal. Elke keer het U my iewers kom haal. Maak dit, Heer, die laaste maal.

1. Groot en getroue God, U is ons Vader; op u beloftes kan ons altyd bou. U sal ons nooit in ons lewe verlaat nie en in blymoedigheid kan ons vertrou.

1. Skepper van die hemel, aarde, donker en dag, na ’n dag se werk en moeite, lewe en lag, kniel ons voor U, Hemelvader, smeek ons soos ons tot U nader: Hou oor ons u Vaderhande, dwarsdeur die nag.

1. Mag sy groot genade oor jou waak vanaand. Mag sy goeie gawes altyd voor jou staan.

1. Here, dit is donker en ons gaan nou slaap. Wees tog ons Beskermer wat oor ons sal waak. Dink aan ons geliefdes, waar hul ook mag wees. Lei hul en bewaar hul, deur u Heil’ge Gees.

1. Met hierdie dagbreek, in hierdie môre sien ons die deurbreek van God se dag; neem ons wat God bied in sy versorging en klink ons danklied na hierdie nag.

© Missio 2024 | All rights reserved.