Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

1. Kom juig oor God, sing almal saam! Kom, alle mense, roem sy Naam! O God, hoe groot is al u werk, u reddingsdade onbeperk. Die volk van God beleef u krag en juig vir ewig oor u mag.

Keervers* Loof die Here, want Hy is goed: Aan sy liefde is daar geen einde nie. Loof die Here, want Hy is goed: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

1.  Sing vir die Heer ‘n nuwe lied tesaam. Sing tot sy eer en prys die Heer se Naam. Volke getuig, verkondig sy gesag. Kom en vertel aan nasies van sy mag.

1.  Die vyand vlug as God verskyn. Kyk – al sy haters sal verdwyn, maar almal wat God dien en eer sal vrolik-bly wees in die Heer. Kom sing tot God, kom eer Hom bly – dis Hy wat op die wolke ry.

1.  Ek loof u Naam, o Here, my stem wil vrolik juig; my harp en lier getuig, my snare sing u ere.

Wag op die Heer, sy dag kom gou. Wag op die Heer: bly bid en waak.

Sing voor God ’n nuwe lied. Loof Hom tot in ewigheid. Loof Hom tot in ewigheid. Halleluja!

1. My hart roep uit: Die Heer is groot en goed! Sy oorvloed seën laat my juig en sing; sy troue sorg bring rus in my gemoed. Aan Hom, my Redder, wil ek hulde bring!

Nkos’ usubenam*, usubenam, usubenam. Nkos’ usubenam, usubenam, usubenam.

isiXhosa Voorsanger: Masithi Gemeente: Amen, siyakudumisa

1.  Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar’s ryke stof! ‘k Sal solank ek leef my psalme vrolik toewy aan sy lof

Ek is bly, ek is bly, ek verbly my in die Heer. Hy het my ‘n nuwe kleed gegee. Hy het my verlos. Hy het my verlos. Ek is bly, ek is bly soos ‘n bruidegom en bruid. Ek is bly!