Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

1. Ure, dae, maande, jare skuif soos skadu’s stil verby. Niks sal met die loop van jare onveranderd hier kan bly. Soos die gras, so is ons dae; soos ‘n blom verwelk die mens: U stel na u welbehae aan ons leeftyd hier ‘n grens!

1. Here, hoeveel blye dae vloei soos strome kalm en rein, sonder kommer, sonder klae, vol van vreugde en sonneskyn! Word ek soms gekwel deur lyding, wil ek kla oor u kastyding, weet ek dis van korte duur uit my vreugde, net ‘n uur.

© Missio 2024 | All rights reserved.