Sal U saam met ons gaan? Sal U ons vrede gee? Wees ons goedgesind, Maak U wil bekend.
Sal U saam met ons gaan? Sal U ons vrede gee? Wees ons goedgesind, Maak U wil bekend.
1. Geseënd wie goddelose raad nie volg tot in ‘n doodloopstraat. Wie leef uit God se wyse raad, oordink dit en vermy die kwaad. Die Here sal jou veilig lei, sy goedheid sal jou pad verbly. Die Here sal jou veilig lei, sy goedheid sal jou pad verbly.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Ons plaas ons hoop nie op perde* nie, nie op wapens of mag, maar ons sal van die Here God ons heil verwag. Húl sal struikel en húl sal val wat nie steun op U, Heer, maar u kinders sal vas bly staan en op U wag.
God van ons verlede, U skep ook ons hede. U laat ons weer nuut begin, loop voor ons die toekoms in, lei ons in u vrede.
1. Die vyand vlug as God verskyn. Kyk – al sy haters sal verdwyn, maar almal wat God dien en eer sal vrolik-bly wees in die Heer. Kom sing tot God, kom eer Hom bly – dis Hy wat op die wolke ry.
In die Heer vind ek al my sterkte, in die Heer verbly ek my. Christus, U, die troue Heer, op U vertrou ek en twyfel nie, op U vertrou ek en twyfel nie.
My siel vind rus in God alleen. Hy alleen kan redding bring.
Wees nie bevrees nie, wees nie beangs nie: hul wat by God skuil, hoef nooit te twyfel. Wees nie bevrees nie, wees nie beangs nie: vind by God skuiling.
O Christus, Here Jesus, o Christus, Here Jesus!
Here, leer my om net op U te vertrou. Wag en vertrou op die Here alleen.
Ons hou ons oë op Jesus, die Here. Ons hou ons oë op Jesus, die Here