Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

1. Gees van Christus, hoor ons bede: Hoor hoe u kinders pleit. Gee ons lewe, gee ons vrede. Breek ons verganklikheid.

1. Heer, ons dink aan Afrika, land van helder son. Soveel mense wat hier woon, wag op God se Woord – mense smagtend in hul nood na die God van hoop. Hoor ons smeekgebed, o Heer, Vader wat regeer.

1. Kom laat ons juig en sing, aan Hom ons loflied bring. Kom dank die Koning, magtige Heer, vir redding wat Hy gee. Ons Skepper-Heer is groot, aan Hom alleen behoort die hoogste berge, wye vlaktes en die diepste see.

Die Here is my redder, die Here is my lig. Vir wie moet ek dan bang wees, vir wie moet ek dan vlug?

Keervers: Juig tot eer van die Here, sing bly, verheerlik sy Naam! Bring diepe dank met kleurvolle klank. Loof Hom, prys Hom saam!

1. Die magtiges uit elke streek wil dikwels God se mag verbreek, maar God spot met hul magsvertoon, want Hy bly ewig op die troon.

1. Neem my in beskerming, Here my God. By U soek ek skuiling, Herder en Heer. Ek behoort aan U – net U kan my seën.

1. Mag die vrede van ons Hemelvader, die genade van sy Seun, ons Heer, die gemeenskap met die Gees van Waarheid oor ons harte en verstand regeer.

1. Wie kan peil hoe diep lê hartseer in die vaderhart van God, oor die seer in menselewens, oor die trane uitgestort? Almal soek hul eie voordeel, daar’s ’n blindheid vir mekaar. Ons raak doof vir al die swaarkry soos ons meer en meer vergaar. Dit is stukkend in ons wêreld, dit het donker hier geword. Kom en skud ons tot ons luister! Kom en smelt die hardste hart. Ook vir ons mense, vra ons: Genade, Heer!

1. U oorlaai ons met u liefde Omdat U, ons Hemelheer, al die mense hier kom roep het om na God toe terug te keer. U roep skape sonder herder uit die nood waarin hul is na die strome van vergifnis en die skadu van u rus.

(1) Sing tot ons God en Heer. (2) Halleluja! Halleluja! (3) Jubel voor die Here.

1. Open my oë, help my om U te sien. Open my oë,  laat ek U sien.

© Missio 2024 | All rights reserved.