Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

Ek gee aan julle ‘n nuwe gebod om soos Ek julle liefhet, mekaar lief te hê, om soos Ek julle liefhet, mekaar lief te hê. Want so sien alle mense wie is my dissipels: deur liefde wat jul vir mekaar het. Want so sien alle mense wie is my dissipels: deur liefde wat jul vir mekaar het.

1.  Kom, alle kinders wat die Here wil dien, luister na goeie raad: Byt vas jou tong as jy leuens wil vertel, of lelik met ander wil praat.

Soms is jy bang of skrik jy groot; roep dan na God in al jou nood. Hy sal help, want Hy sal hoor; dan moet jy dankie sê daarvoor.

O Here, my God, ek verlang na U. Ek sug, ek soek na U. Soos stofdroë aarde verlang na die reën, so dors ek ook na U.

Soos ’n flits in die donker is die Bybel vir my; dis ’n lig wat my wys hoe ek naby God kan bly. Ek is lief vir U, Heer, ek wil hoor wat U sê, want u woorde leer vir my om te doen wat U wil hê.

1. God het gesê: “Ek is die Here …” wat jou uit sondeslawerny gelei het na ‘n nuwe lewe. Jy mag geen god hÍ, buiten My!”

1. Gods wet vra al ons liefde vir Hom, ons God en Heer, en liefde vir ons naaste dis wat sy Woord ons leer.

1. Salig die wat arm voor God is – hulle erf Gods koninkryk; en wie treur, die is gelukkig; so kan God sy troos laat blyk. Wie verdraagsaam is, laat Hy op sy nuwe aarde bly.

1. In die Bybel is daar raad. Dis die Heer wat met ons praat. Ons leer daar hoe om te leef; dat Hy elke keer vergeef.

© Missio 2024 | All rights reserved.