Kerkmusiek

Psalms | Liedere | VONKK

Sal U saam met ons gaan? Sal U ons vrede gee? Wees ons goedgesind, Maak U wil bekend.

1. Kom juig oor God, sing almal saam! Kom, alle mense, roem sy Naam! O God, hoe groot is al u werk, u reddingsdade onbeperk. Die volk van God beleef u krag en juig vir ewig oor u mag.

Keervers* Loof die Here, want Hy is goed: Aan sy liefde is daar geen einde nie. Loof die Here, want Hy is goed: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

1.  Sing vir die Heer ‘n nuwe lied tesaam. Sing tot sy eer en prys die Heer se Naam. Volke getuig, verkondig sy gesag. Kom en vertel aan nasies van sy mag.

1.  Geseënd wie goddelose raad nie volg tot in ‘n doodloopstraat. Wie leef uit God se wyse raad, oordink dit en vermy die kwaad. Die Here sal jou veilig lei, sy goedheid sal jou pad verbly. Die Here sal jou veilig lei, sy goedheid sal jou pad verbly.

Voor U, voor U, voor U, voor U.

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Deur sy wonde is ons genees.

1.  Ek soek na die lewende water,  ek roep en dors na U, Heer – want ek huil dag en nag, o Here, ek smag om by U te wees nog ‘n keer.

1.  Die vyand vlug as God verskyn. Kyk – al sy haters sal verdwyn, maar almal wat God dien en eer sal vrolik-bly wees in die Heer. Kom sing tot God, kom eer Hom bly – dis Hy wat op die wolke ry.

1.  Ek loof u Naam, o Here, my stem wil vrolik juig; my harp en lier getuig, my snare sing u ere.

Wag op die Heer, sy dag kom gou. Wag op die Heer: bly bid en waak.

Ons aanbid U, Jesus Heer. Ons besing u heil’ge Naam. Deur al u bitter lyding gee U ons bevryding.