Al die donker is nooit net donker in u sig. Die nag, net soos die dag, word deur U verlig.
Al die donker is nooit net donker in u sig. Die nag, net soos die dag, word deur U verlig.
1. Ere aan God in die hoogste, 2. vrede op aarde, op aarde, 3. in die mense ‘n welbehae. 4. Amen. Amen.
1. Ere aan God, bring Hom die eer! Hy buig in liefde neer. Profete se verwagting gaan heerlik in vervulling. ‘n Kind vir ons geskenk! ‘n Seun vir ons gegee! ‘n Koningskind is vir ons gegee!
1. Die kleine dorpie Betlehem lê rustig daardie nag, terwyl dié wonderwerk gebeur waarvoor die wêreld wag. Want diep in daardie donker nag verskyn ’n nuwe dag vir almal wat in nood verkeer en op sy redding wag.
1. Christus, lank reeds verwag, is gebore dié nag. Daarom sing engele bly. Duisternis is nou verby.
1. Jesus bring vreugde, redding en vreugde – Hy het mens vir ons geword. Engele juig dit, herders getuig dit: ”Jesus, Redder, Seun van God!” Wyd oor die aarde kring sy behae; Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe. Hy maak ons, mense, kinders van God. Wyd oor die aarde kring sy behae; Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe. Hy maak ons, mense, kinders van God.
Eer aan God, eer aan God in die hoogste hemel. Eer aan God, eer aan God, halleluja! Laat daar vrede wees vir almal op aarde, God skenk aan ons sy genade.
1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer! Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof. Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof! Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer. Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!
1. Ons bring aan U die lof en eer, ons sing met vreugdeklanke. U, Heer, ons Koning, het gekom, dit was ons hartsverlange. Van vroeg af is dit reeds voorspel dat U sou kom, Immanuel. Ons Heiland is gebore!
1. Jesus, daar in Betlehem bring die eng’le lof aan U; sing “hosanna” oor en oor. Herders kon dit hoor.
1. Let op, kinders, dis weer Kersfees! Hoor die mense vrolik sing! Dis die tyd wat ons kan bly wees, vir mekaar geskenke bring. Want ons weet dat God ons so liefhet dat Hy sy eie Seun na die wêreld stuur: Sodat dié wat in Hom glo tot in ewigheid sal leef!
1. Net soos die hemelkoor sy lof op aarde sing – die Seun van God wat mens kom word en rede bring –so klink ons lied vir Jesus Christus, God se Seun: U is ons Heer!